Morokweng-slagkrater

Morokweng-slagkrater
Slagstruktuur
Sekerheid Bevestig
Deursnee 70 km
Ouderdom 146,06 ± 0,16 miljoen jaar
Laat Jura
Boliedtipe LL-chondriet
Ontbloot Nee
Gebied
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Noordwes
Distrik Morokweng
Ligging
Die ligging van die Morokweng-slagkrater in Suid-Afrika.
Emoji u2b55.svg

Die Morokweng-slagkrater is 'n slagstruktuur wat by die dorp Morokweng in Suid-Afrika se Noordwesprovinsie, naby die grens met Botswana, onder die Kalahariwoestyn begrawe is.[1]

Beskrywing

Die slagkrater is sowat 75-80 km breed en die ouderdom word geraam op 146,06 ± 0,16 miljoen jaar, wat beteken dit is in die Titoniumtydsnede van die laat Juraperiode gevorm, 'n paar miljoen jaar voor die Jura-Kryt-grens.[2][3] Dit is in 1994 ontdek en is nie op die oppervlak ontbloot nie, maar is deur magnetiese en gravimetriese opnames gekarteer. 'n Ondersoek toon dit is gevorm deur 'n L-chondrietmeteoriet met 'n deursnee van sowat 5-10 km.[4]

In Mei 2006 het 'n groep wetenskapliks wat op die terrein geboor het, die ontdekking aangekondig van 'n fragment van 25 cm van die oorspronklike asteroïde op 'n diepte van 770 m onder die oppervlak. Verskeie kleiner stukke met 'n deursnee van 'n paar millimeter is op ander dieptes ontdek. Dié ontdekking was onverwags, aangesien vroeëre ondersoeke by groot slagkraters nie sulke vondste opgelewer het nie en geglo is die asteroïde het heeltemal verdamp.[5] Sommige fragmente kan gesien word in die Antenna-vleuel van die Londense Wetenskapmuseum.

Verwysings

  1. "Morokweng". Earth Impact Database. Planetary and Space Science Centre University of New Brunswick Fredericton. Besoek op 9 Oktober 2017.
  2. Kenny, G.G., Harrigan, C.O., Schmitz, M.D., Crowley, J.L., Wall, C.J., Andreoli, M.A., Gibson, R.L. and Maier, W.D., 2021. Timescales of impact melt sheet crystallization and the precise age of the Morokweng impact structure, South Africa. Earth and Planetary Science Letters, 567, no. 117013, 13 p.
  3. Schmieder, M. and Kring, D.A., 2020. Earth's impact events through geologic time: a list of recommended ages for terrestrial impact structures and deposits. Astrobiology, 20(1), pp.91-141.
  4. Mcdonald, I., Andreoli, M.A.G., Hart, R.J. and Tredoux, M., 2001. Platinum-group elements in the Morokweng impact structure, South Africa: Evidence for the impact of a large ordinary chondrite projectile at the Jurassic-Cretaceous boundary. Geochimica et Cosmochimica Acta, 65(2), pp.299-309.
  5. Maier, WD; Andreoli MA; McDonald I; Higgins MD; Boyce AJ; Shukolyukov A; Lugmair GW; Ashwal LD; Graser P; Ripley EM; Hart RJ (Mei 11, 2006). "Discovery of a 25-cm asteroid clast in the giant Morokweng impact crater, South Africa". Nature. 441 (7090): 203–6. Bibcode:2006Natur.441..203M. doi:10.1038/nature04751. PMID 16688173. S2CID 4373614.

Nog leesstof

  • Morelle, Rebecca (10 Mei 2006). "Relic of ancient asteroid found". BBC News. Besoek op 2006-05-31.
  • Peplow, Mark (10 Mei 2006). "Meteorite survivor unearthed". Nature. doi:10.1038/news060508-7. S2CID 129248764.

Skakels

  • "Fossil Meteorite Unearthed From Crater"
  • Nuvola apps bookcase 2.svg Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.

Koördinate: 26°28′00″S 23°32′00″O / 26.466667°S 23.533333°O / -26.466667; 23.533333